KREMETART
Limousin, Sussex, Bosveldjag
ROOIBOS JAGSAFARIS
Bosveldjag
Rooibos Jagsafaris bied bekostigbare jaggeleenthede vir die biltongjagter. Ons jagkamp kan tot 8 persone akkomodeer in 'n netjiese plaashuis wat vries- en braaifasiliteite bied.
Jagters kan te voet jag met gewere wat gepas is vir die jag van kudu, rooibok en vlakvark op 'n plaas van ongeveer 1100Ha bosveld-bos. Op spesiale versoek kan ander spesies ook gejag word op naburige plase.
Dagfooie en verblyf
Jagters: R 300 per dag
Nie-jagters: R250 per dag
Mis-skoot: R250 per bok
Jagvoertuig: R 300 per voertuig per dag
Slagfooi: R80(Koedoe); R45 (ander)
Afkook van tande op kop: R100.00
Varkpermit: R60
Beddegoed kan verskaf word teen R150 per persoon indien gaste nie hulle eie beddegoed saambring nie.
ROOIBOK
Ooi: R 1000
Ram: R 1200
VLAKVARK
Sog: R 650
Beer: R 650
STEENBOK
Ooi: R 600
Ram: R 600
DUIKER
Ooi: R 600
Ram: R 600
KOEDOE
Koei: R4200
Bul:
-
1-45dm: R 5000
-
46-59dm: R 8000
-
60+dm: R 10 500
Jagreëls en voorwaardes
-
Gekweste bok word ten volle betaal
-
Geen alkohol op jagvoertuig
-
Geen jagter in veld sonder ‘n gids
-
Jagter verantwoordelik vir grootte van bok geskiet
-
Geen jag op Sondae
-
Brand en braaihout word per dag voorsien (nie onbeperk)
BETALING
Deposito van 50% met bespreking
Streng kontant of internetbetaling op laaste dag van jag op uitstaande bedrag
Jagkamp en geriewe
-
Ons jagkamp bestaan uit een vier-slaapkamer huis waarvan een kamer toegerus is met dubbelbed, 1 met ‘n dubbel en enkelbed en 2 kamers met enkelbeddens. Twee badkamers waarvan een 'n bad het en een 'n stort.
-
Verder is ons toegerus met sonkrag, songeyser (water word kokend), vierbrander gasstoof, yskas/vrieskas.
-
Braai-area met pot, tang, rooster en eetgery vir 8 persone.
-
Geen elektriese apparaat behalwe selfoonlaaiers word toegelaat (krag moet met sorg gebruik word).
Vir besprekings kontak Christie @ 083 522 9055